| Chapter 120 |
1 | 'n Bedevaartslied. Ek roep die HERE aan in my benoudheid, en Hy verhoor my. |
2 | o HERE, red my siel van die valse lippe, van die bedrieglike tong! |
3 | Wat sal Hy jou gee of wat vir jou daaraan toevoeg, o bedrieglike tong? |
4 | Skerp pyle van 'n held saam met gloeiende kole van besembosse. |
5 | Wee my dat ek as vreemdeling vertoef in Meseg, dat ek by die tente van Kedar woon! |
6 | Te lank al woon my siel by die wat die vrede haat. |
7 | Ek is vredeliewend; maar as ek spreek, is hulle op oorlog uit. |