| Chapter 100 |
1 | 'n Psalm. By die lofoffer. Juig voor die HERE, o ganse aarde! |
2 | Dien die HERE met blydskap; kom voor sy aangesig met gejubel. |
3 | Erken dat die HERE God is: Hy het ons gemaak, en ons is syne, sy volk en die skape van sy weide. |
4 | Gaan sy poorte in met lof, sy voorhowe met lofgesang; loof Hom, prys sy Naam. |
5 | Want die HERE is goed; sy goedertierenheid is tot in ewigheid, en sy trou van geslag tot geslag. |