| Chapter 55 |
1 | Vir die musiekleier; met snaarinstrumente. n Onderwysing van Dawid. |
2 | o God, hoor my gebed en verberg U nie vir my smeking nie. |
3 | Luister na my en verhoor my; in my onrus dwaal ek rond en is verward, |
4 | weens die geroep van die vyand, weens die geraas van die goddelose; want hulle stort onreg op my af, en in toorn behandel hulle my as vyand. |
5 | My hart krimp inmekaar in my binneste, en verskrikkinge van die dood het op my geval. |
6 | Vrees en bewing kom oor my, en angs oordek my. |
7 | Toe het ek gesê: Ag, had ek maar vlerke soos 'n duif, dan sou ek wegvlieg en wegbly! |
8 | Kyk, ek sou ver wegvlug; ek sou vernag in die woestyn! Sela. |
9 | Gou sou ek vir my 'n skuilplek soek teen die onstuimige wind, teen die storm. |
10 | Verwar, Here, verdeel hulle spraak, want ek sien geweld en twis in die stad. |
11 | Dag en nag omring hulle dit op sy mure, en binnekant is onreg en moeite. |
12 | Wat onheil aanbring, is daarbinne, en verdrukking en bedrog wyk nie van sy markplein nie. |
13 | Want dit is geen vyand wat my smaad nie, anders sou ek dit dra; dit is nie my hater wat hom teen my groot maak nie, anders sou ek my vir hom wegsteek; |
14 | maar jy, 'n man soos ek, my vriend en my vertroude! |
15 | Ons wat innig met mekaar omgegaan het, in die huis van God gewandel het met die woelige skare. |
16 | Laat die dood hulle oorval, laat hulle lewendig in die doderyk neerdaal; want boosheid is in hulle woning, in hulle binneste. |
17 | Maar ek, ek roep God aan, en die HERE sal my verlos. |
18 | Saans en smôre ns en smiddags klaag ek en steun, en Hy hoor my stem. |
19 | Hy verlos my siel in vrede van die stryd teen my, want met menigtes is hulle teen my. |
20 | God sal hoor en hulle antwoord; ja, Hy wat op die troon sit van lankal af, Sela; omdat by hulle geen verbetering is en hulle God nie vrees nie. |
21 | Hy het sy hande uitgesteek teen die wat in vrede met hom geleef het; hy het sy verbond ontheilig. |
22 | Glad is die botterwoorde van sy mond, maar sy hart is oorlog; sy woorde is sagter as olie, maar hulle is ontblote swaarde. |
23 | Werp jou sorg op die HERE, en Hy sal jou onderhou; Hy sal nooit die regverdige laat wankel nie. [ (Psalms 55:24) Maar U, o God, sal hulle laat neerdaal in die put van vernietiging; manne van bloed en bedrog sal hulle dae nie tot op die helfte bring nie; maar k vertrou op U. ] |