| Chapter 36 |
1 | Vir die musiekleier. 'n Psalm van Dawid, die kneg van die Here. |
2 | In die binneste van my hart sê die oortreding aangaande die goddelose: Daar is geen vrees van God voor sy oë nie. |
3 | Want dit vlei hom in sy oë in verband met die uitvind en haat van sy skuld. |
4 | Die woorde van sy mond is onreg en bedrog; hy laat n om verstandig te wees, om goed te doen. |
5 | Hy bedink onreg op sy bed; hy gaan staan op 'n weg wat nie goed is nie; wat sleg is, verfoei hy nie. |
6 | o HERE, u goedertierenheid is tot in die hemele, u trou tot in die wolke. |
7 | U geregtigheid is soos die berge van God; u oordele is 'n groot watervloed. HERE, U behou mense en diere! |
8 | Hoe kosbaar is u goedertierenheid, o God! Daarom skuil die mensekinders onder die skaduwee van u vleuels. |
9 | Hulle verkwik hul aan die vettigheid van u huis, en U laat hulle drink uit die stroom van u genietinge. |
10 | Want by U is die fontein van die lewe; in u lig sien ons die lig. |
11 | Laat u goedertierenheid voortduur vir die wat U ken, en u geregtigheid vir die opregtes van hart. |
12 | Laat die voet van die trotsaard nie oor my kom nie, en laat die hand van die goddelose mense my nie verdryf nie. [ (Psalms 36:13) Daar het die werkers van ongeregtigheid geval; hulle is neergestoot en kan nie weer opstaan nie. ] |