| Chapter 29 |
1 | 'n Psalm van Dawid. Gee aan die HERE, o hemelinge, gee aan die HERE eer en sterkte! |
2 | Gee aan die HERE die eer van sy Naam; aanbid die HERE in heilige sieraad! |
3 | Die stem van die HERE is op die waters, die God van eer donder; die HERE is op die groot waters. |
4 | Die stem van die HERE is met krag; die stem van die HERE is met heerlikheid. |
5 | Die stem van die HERE breek seders; ja, die HERE verbreek die seders van die L¡banon; |
6 | en Hy laat hulle opspring soos 'n kalf, die L¡banon en Sirjon soos 'n jong buffel. |
7 | Die stem van die HERE slaan daar vuurvlamme uit. |
8 | Die stem van die HERE laat die woestyn bewe; die HERE laat die woestyn van Kades bewe. |
9 | Die stem van die HERE laat die takbokke lam en maak die bosse kaal; maar in sy paleis sê elkeen: Heerlikheid! |
10 | Die HERE het gesit oor die Watervloed; ja, die HERE sit as Koning tot in ewigheid. |
11 | Die HERE sal sy volk sterkte gee, die HERE sal sy volk seën met vrede. |