| Chapter 25 |
1 | Toe het Bildad, die Suhiet, geantwoord en gesê: |
2 | Heerskappy en verskrikking is by Hom wat vrede maak in sy hoogtes. |
3 | Is daar 'n getal vir sy leërskare? En oor wie rys sy lig nie op nie? |
4 | Hoe sou dan 'n mens regverdig wees by God? En hoe sou hy rein wees wat uit 'n vrou gebore is? |
5 | Kyk, selfs die maan -- hy skyn nie helder nie; en die sterre is nie rein in sy oë nie. |
6 | Hoeveel minder die mens, 'n maaier; en die mensekind, 'n wurm. |