| Chapter 5 |
1 | Roep maar -- is daar iemand wat jou antwoord gee? En na wie van die heiliges sal jy gaan? |
2 | Want verbitterdheid vermoor die dwaas, en naywer maak die domme dood. |
3 | Ek self het gesien hoe 'n dwaas wortel skiet; maar skielik het ek sy woning vervloek. |
4 | Ver is sy kinders van geluk; en hulle word verbrysel in die poort sonder dat iemand red. |
5 | Wat hy geoes het, eet die hongerige op, en die haal dit selfs uit die doringheining uit; en die ondergang hyg na hulle rykdom. |
6 | Want onheil kom nie voort uit die stof, en moeite spruit nie uit die grond nie. |
7 | Maar die mens word vir moeite gebore soos die vonke boontoe vlieg. |
8 | Maar wat my aangaan, ek sou na God vra en my saak aan die Godheid voorlê, |
9 | aan Hom wat groot dinge doen en ondeurgrondelike, wonders sonder getal; |
10 | wat reën gee oor die aarde en waters uitstuur oor die velde; |
11 | om nederiges op 'n hoogte te stel daarbo; en die wat in die rou is, verkry die hoogste geluk. |
12 | Hy wat die planne van listige mense verydel, sodat hulle hande niks kan uitrig wat standhou nie; |
13 | wat die wyse manne vang in hulle listigheid, en die raad van die slinkse mense misluk van haastigheid. |
14 | Oordag stuit hulle op duisternis, en soos in die nag tas hulle rond op die middag. |
15 | So verlos Hy dan van die swaard wat kom uit hulle mond, en die behoeftige uit die hand van die sterk man. |
16 | So is daar dan verwagting vir die arme; en ongeregtigheid hou die mond toe. |
17 | Kyk, gelukkig is die man wat God kasty; verwerp daarom die tugtiging van die Almagtige nie. |
18 | Want Hy doen smart aan, maar verbind ook; Hy verbrysel, maar sy hande maak gesond. |
19 | In ses benoudhede sal Hy jou red, ja, in sewe sal geen onheil jou tref nie. |
20 | In hongersnood verlos Hy jou van die dood en in die oorlog uit die mag van die swaard. |
21 | As die tong gsel, word jy weggesteek; en jy hoef nie te vrees vir verwoesting as dit kom nie. |
22 | Oor verwoesting en broodsgebrek sal jy lag, en vir die wilde diere van die aarde hoef jy nie te vrees nie. |
23 | Want met die klippe van die veld is jou verbond, en die wilde diere van die veld is met jou bevriend. |
24 | En jy sal uitvind dat jou tent in vrede is; en as jy op jou woonplek rondkyk, sal jy niks vermis nie. |
25 | Ook sal jy uitvind dat jou kroos talryk is en jou nakomelinge soos die plante van die aarde. |
26 | Op rype leeftyd sal jy na die graf gaan, soos 'n koringgerf ingebring word op sy tyd. |
27 | Kyk, dit het ons nagespeur, so is dit; hoor dit, en neem jy dit ter harte. |