| Chapter 15 |
1 | En vir die stam van die kinders van Juda, volgens hulle geslagte, het die lot geval: teen die grens van Edom, suidelik na die woestyn Sin toe, tot ver in die suide; |
2 | en hulle suidelike lyn was van die end van die Soutsee, van die tong af wat na die suide toe uitsteek; |
3 | en dit loop aan suid van Skerpioennek en loop oor na Sin en loop op suid van Kades-Barna en loop oor na Hesron en loop op na Addar en swaai na Karka toe; |
4 | dan loop dit oor na Asmon en loop aan na die spruit van Egipte, sodat die lyn doodloop by die see; dit sal julle suidelike lyn wees. |
5 | En die oostelike lyn: Die Soutsee tot by die mond van die Jordaan. En die lyn aan die noordekant: Van die tong van die see, van die mond van die Jordaan af |
6 | loop die lyn op na Bet-Hogla en loop oor noord van Bet-Araba; dan loop die lyn op na die klip van Bohan, die seun van Ruben. |
7 | Verder loop die lyn op na Debir, van die dal Agor af, en swaai dan noord na Gilgal wat teenoor die hoogte van Adummim, suidelik van die spruit lê; dan loop die lyn oor na die waters van die fontein Semes, sodat dit doodloop by die fontein Rogel. |
8 | Verder loop die lyn op na die dal Ben-Hinnom, na die suidelike hang van die Jebusiete, dit is Jerusalem; dan loop die lyn op na die top van die gebergte wat westelik voor die dal Hinnom lê, wat aan die noordelike einde van die dal Refaim is. |
9 | Van die top van die berg af buig die lyn dan om na die fontein van die waters van Neftoag en loop aan na die stede van die gebergte Efron; verder buig die lyn om na B la, dit is Kirjat-Je rim. |
10 | Dan swaai die lyn van B la af weg in westelike rigting na die gebergte Ser en loop oor na die noordelike hang van die berg Je rim, dit is Ksalon, en loop af na Bet-Semes en loop oor na Timna. |
11 | Verder loop die lyn aan noord na die hang van Ekron; dan buig die lyn om na Sikron en loop oor die berg B la en loop aan na J bneël, sodat die lyn doodloop by die see. |
12 | Die westelike grens was die Groot See saam met sy gebied; dit is die lyn rondom van die kinders van Juda volgens hulle geslagte. |
13 | Maar aan Kaleb, die seun van Jefunne, het hy 'n aandeel onder die kinders van Juda gegee, volgens die bevel van die HERE aan Josua: die stad van Arba, die vader van Enak, dit is Hebron. |
14 | En Kaleb het die drie seuns van Enak: Sesai, Ah¡man en Talmai, afstammelinge van Enak, daaruit verdrywe. |
15 | En daarvandaan het hy opgetrek teen die inwoners van Debir; maar die naam van Debir was tevore Kirjat-Sefer; |
16 | en Kaleb het gesê: Hy wat Kirjat-Sefer verslaan en dit inneem, aan hom sal ek my dogter Agsa as vrou gee. |
17 | Daarop het Otniël, die seun van Kenas, die broer van Kaleb, dit ingeneem; en hy het sy dogter Agsa aan hom as vrou gegee. |
18 | En toe sy aankom, het sy hom aangespoor om van haar vader 'n stuk grond te vra; en toe sy van die esel afklim, sê Kaleb vir haar: Wat wil jy hê? |
19 | En sy sê: Gee my tog 'n geskenk; omdat u my na 'n dor land versit het, moet u my waterfonteine gee. Toe gee hy haar fonteine op die hoogte en fonteine in die laagte. |
20 | Dit is die erfdeel van die stam van die kinders van Juda, volgens hulle geslagte. |
21 | En die stede van die uiteinde van die stam van Juda se kinders af tot by die grens van Edom was in die suide: K bseël en Eder en Jagur, |
22 | en Kina en Dimona en Ad da, |
23 | en Kedes en Hasor en Jitnan, |
24 | Sif en Telem en Balot, |
25 | en Hasor-Had tta en Kriot-Hesron, dit is Hasor; |
26 | Amam en Sema en Molada, |
27 | en Hasar-Gadda en Hesmon en Bet-Palet, |
28 | en Hasar-Sual en Beër-Seba en Bisjotja, |
29 | B la en Ijjim en Esem, |
30 | en ltolad en Kesil en Horma, |
31 | en Siklag en Madm nna en Sans nna, |
32 | en Leb ot en Silhim en Ajin en Rimmon; al die stede saam nege en twintig, met hulle dorpe; |
33 | in die Laeveld: Est ol en Sorea en Asna, |
34 | en Sanoag en En-Gannim, Tappuag en Enam, |
35 | Jarmut en Adullam, Sogo en Aska, |
36 | en Saär im en Ad¡taim en Gedra en Gedrotaim: veertien stede met hulle dorpe; |
37 | Senan en Had sa en Migdal-Gad, |
38 | en Dilean en Mispe en Jokteël, |
39 | Lagis en Boskat en Eglon, |
40 | en Kabbon en Lagmas en Kitlis, |
41 | en Gedrot, Bet-Dagon en N ma en Makkda: sestien stede met hulle dorpe; |
42 | Libna en Eter en Asan, |
43 | en Jiftag en Asna en Nesib, |
44 | en Keh¡la en Agsib en Marsa: nege stede met hulle dorpe; |
45 | Ekron met sy onderhorige plekke en sy dorpe; |
46 | van Ekron af en na die weste toe, alles wat aan die kant van Asdod lê, met hulle dorpe; |
47 | Asdod, sy onderhorige plekke en sy dorpe; Gasa, sy onderhorige plekke en sy dorpe, tot by die spruit van Egipte en die Groot See saam met sy gebied; |
48 | en op die Gebergte: Samir en Jattir en Sogo, |
49 | en Danna en Kirjat-Sanna, dit is Debir, |
50 | en Anab en Estmo en Anim, |
51 | en Gosen en Holon en Gilo: elf stede met hulle dorpe; |
52 | Arab en Duma en Esean, |
53 | en Janum en Bet-Tappuag en Afka, |
54 | en Humta en Kirjat-Arba, dit is Hebron, en Sior: nege stede met hulle dorpe; |
55 | Maon, Karmel en Sif en Jutta, |
56 | en J¡sreël en Jokdeam en Sanoag, |
57 | Kain, G¡bea en Timna: tien stede met hulle dorpe; |
58 | Halhul, Bet-Sur en Gedor, |
59 | en M rat en Bet-Anot en ltekon: ses stede met hulle dorpe; |
60 | Kirjat-Baäl, dit is Kirjat-Je rim, en Rabba: twee stede met hulle dorpe; |
61 | in die woestyn: Bet-Araba, Middin en Seg ga, |
62 | en Nibsan en die Soutstad en ngedi: ses stede met hulle dorpe. |
63 | Maar die kinders van Juda kon die Jebusiete, die inwoners van Jerusalem, nie verdryf nie; daarom het die Jebusiete saam met die kinders van Juda in Jerusalem bly woon tot vandag toe. |