Afrikaans Bible

PSALMS 143

PSALMS

Return to Index

Chapter 144

1

 'n Psalm van Dawid. Geloofd sy die HERE, my rots, wat my hande leer om te veg, my vingers om oorlog te voer -- 

2

 my goedertierenheid en my bergvesting, my skans en my redder, my skild en die Een by wie ek skuil, wat my volk aan my onderwerp. 

3

 o HERE, wat is die mens dat U hom ken, die mensekind dat U op hom ag gee? 

4

 Die mens is soos die nietigheid; sy dae is soos 'n vlugtige skaduwee. 

5

 Buig u hemele, HERE, en daal neer; raak die berge aan, dat hulle rook! 

6

 Slinger bliksems en verstrooi hulle; stuur u pyle uit en verwar hulle! 

7

 Strek uit die hoogte u hande uit; ruk my uit, en red my uit groot waters, uit die hand van vreemdes, 

8

 wie se mond leuens spreek en wie se regterhand 'n regterhand van bedrog is. 

9

 o God, ek wil 'n nuwe lied sing tot u eer, op die tiensnarige harp wil ek U psalmsing. 

10

 U wat aan konings die oorwinning gee, wat u kneg Dawid ontruk aan die gevaarlike swaard. 

11

 Ruk my uit en red my uit die hand van vreemdes, wie se mond leuens spreek en wie se regterhand 'n regterhand van bedrog is; 

12

 sodat ons seuns soos plante mag wees wat opgekweek is in hulle jeug, ons dogters soos hoekpilare wat uitgebeitel is na die boustyl van 'n paleis; 

13

 dat ons skure vol mag wees, wat allerhande soorte voorraad oplewer; ons kleinvee by duisende mag aanteel, by tien duisende vermeerder word op ons velde; 

14

 ons beeste gelaai mag wees; geen bres in ons mure en geen uittog daaruit, en geen geskreeu op ons pleine nie. 

15

 Welgeluksalig is die volk met wie dit so gaan; welgeluksalig is die volk wie se God die HERE is! 

PSALMS 145

 

 

 

Please Click the Ads.

Clicking the Ads helps us to keep this free Bible website open for everyone.

Thanks!

 

 

 

HTMLBible Software - Public Domain Software by johnhurt.com

 


Other Items are Available At These Sites: