Afrikaans Bible

PSALMS 69

PSALMS

Return to Index

Chapter 70

1

 Vir die musiekleier. 'n Psalm van Dawid, by die gedenkoffer. 

2

 o God, maak tog gou om my te red, o HERE, om my te help! 

3

 Laat hulle wat my lewe soek, beskaamd staan en rooi van skaamte word; laat hulle wat behae het in my ongeluk, agteruitwyk en in die skande kom. 

4

 Laat hulle wat sê: Ha, ha! teruggaan vanweë hul beskaming. 

5

 Laat in U vrolik en bly wees almal wat U soek; en laat die liefhebbers van u heil altyddeur sê: Groot is God! [ (Psalms 70:6) Maar ek is ellendig en behoeftig: o God, kom tog gou na my! U is my hulp en my redder; HERE, vertoef tog nie! ] 

PSALMS 71

 

 

 

HTMLBible Software - Public Domain Software by johnhurt.com

 


Other Items are Available At These Sites: